Friday, August 2, 2013

Feestelike Fynbos

Daar is baie dinge wat my laat dink aan die mooie Kaap maar as dit by blomme kom is niks so eg Kaaps soos fynbos en die alombekende Protea nie. En wat is nou meer eg Suid-Afrikaans as 'n hartlike Sondag middagete, saam met geliefdes, om 'n mooi gedekte tafel? 'n Sondagmiddag fees rondom 'n tafel belaai met fynbos!

Hierdie is 'n maklike idee wat enige een hul eie kan maak. Gaan kry net 'n lieflike bos fynbos en speel met dekor elemente wat al klaar in jou huis rondstaan. 'n Ou bottel of twee kan vinnig vervraai word met 'n lint of stukkie kant. Stapel 'n paar ou boeke en krap Ouma se mooi kant tafeldoeke uit. 'n Los kers of wat en 'n mooi servet rond die tafel af. En as jy nie mooi servette het nie, skribbel 'n paar woordjies op 'n stukkie ongebleikte linne en maak jou eie servette!

Hierdie tafel kan net so lekker werk vir 'n informele troue met 'n oudhede tema.










  










No comments:

Post a Comment